Kyk: Slaat aan die remme! Daar is ’n massiewe slaggat in die pad!
Slaggate op ons paaie het nou al deel van Middelburgers se algemene geselskap geword.
Inwoners van Bhimy Damanestraat waarsku oor ’n reuse slaggat regoor die pad sowat ’n blok en ’n half vanaf die Hervormde Kerk, Moedergemeente (Klipstraat se rigting).
Die Observer het vanmiddag ’n draai daar gaan maak en het ’n paar voertuie met skreeunde remme tot stilstand gekom om nie hul voertuie seer te maak as hulle deur die gat ry nie.
Lerato Kgomo, munisipale woordvoerder, het laat weet dat hulle bewus is van die krisis rakende slaggate en dat hulle gereeld op die munisipaliteit se Facebookblad opdateer wanneer hulle in watter areas die slaggate herstel.
@middelburgobserver Slaan remme aan, daar is ’n massiewe slaggat regoor die pad in Bhimy Damanestraat! (Sentraal, Middelburg).
