Video: Oog op die oggendverkeer en ander probleme op paaie
Buiten vir etlike slaggate in die dorp, is daar nie ander probleme op die paaie aangemeld nie.
Motoriste wat pendel op die N11 vanaf Proteastraat (Kanonkop), moet daarop let dat die gate in die pad nog nie almal reggemaak is tot by die afdraai na Harry Gwalastraat (Dennesig) nie.
Die afgelope week is daar ‘n span wat daagliks aan die pad werk in hierdie area.
Verskeie inwoners het gister laat weet dat daar oral in die dorp erge slaggate is. Daar sal later vandag daaroor berig word.
Middelburgers wat Gauteng toe gery het, sê dat daar nie probleme met mis is nie, maar dat veldbrande hier en daar sig belemmer.
Daar is ook nie probleme op die N4, ou Middelburg/Witbankpad (plek-plek miskolle), en N11 tot by Doornkop aangemeld nie.
As jy weet van enige ongelukke, erge mis, slaggate of obstruksies wat verkeer kan belemmer, stuur ‘n WhatsApp met ‘n kort beskrywing (stemboodskappe is ook reg) met ‘n foto of video (indien moontlik) na 072 248 3855.
- Wynand Spenser het vanoggend ‘n video geneem om motoriste te waarsku oor die gate op die N11 tussen Kanonkop en Dennesig. Hy het dit goedgunstiglik aan die Observer beskikbaar gestel.
@middelburgobserver Wees versigtig, nog ‘n paar plekke op N11 tussen Protea- en Harry Gwalastraat (Middelburg, Mpumalanga) waar gate in pad nog nie heeltemal gevul is nie.
