News

Gordyn sak oor een van beste Cravenweke

Wiepie jou lekker ding!

Die gordyn het gesak  oor een van die beste Cravenweke wat nog aangebied is met die heuningkwas wat in oormaat aangewend is deur Suid-Afrikaanse rugby, SuperSport, ouers en die deelnemende spanne.

Dit was ’n week wat met militêre presisie georganiseer is met hoogstaande fasiliteite maar tog met  ’n gemaklikheid wat besoekers laat koer het.

Daar was een groot wenner die week en dit is nie net Hoërskool Middelburg nie maar ook die dorp Middelburg.

Om terug te keer na die plek waar dit die meeste saak gemaak het, die rugbyveld.

Van dag een af was daar net een span en of jy nou ’n Blou Bul of Leeu is moet jy vandag saamstem: Wiepie jou lekker ding!

 

View this post on Instagram

 

A post shared by Middelburg Observer (@mobserver)

Die Streeptruie het teenstanders uit hulle pad gevee en die Suidwestelike Distrikte vanmiddag in die hoofwedstryd met 27-21 geklop.

Ander uitslae vandag is:

Bulle 76 Oostelike Provinsie 24.

Boland 38 Griffons 36.

Leeus 27 WP vyftiental 26.

Luiperds 54 Limpopo Blou Bulle  7.

Griekwas 26 Valke 21.

Pumas 48 Grens 12

 

View this post on Instagram

 

A post shared by Middelburg Observer (@mobserver)

Vrystaat 34 Haaie 12.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button