Leeus brul teen WP op laaste dag van Akademieweek
Die eindfluitjie in die Akademieweek het geblaas.
Die Leeus het gistermiddag die Westelike Provinsie se algehele oorheersing van die 2025 Craven- en Akademieweek gestuit, deur die Streeptruie in die eindstryd met 31-20 te klop.
Die WP se Cravenweek span en sy vyftiental is steeds onoorwonne.
Albei spanne speel vandag op die A-veld.
’n Eer wat net die agt beste spanne beskore is.
Die Leeus speel teen die vyftiental om 10:15 en die WP se uitsoek span pak die SWD Arende in die eindstryd om 12:45.
Die Blou Bul spanne se treurmare duur voort met die Akademie span wat vanoggend met 33-29 teen die Haaie slae gekry het.
Die Bulle se Cravenweek span het nog nie ’n wedsryd gewen nie om eers teen die Leeus en daarna teen die Vrystaat vas te val.
Die Bloues is gelukkig om more op die A-veld te speel.
Die Oostelike Provinsie het Boland met 45-24 geklop op die laaste dag van die Akademieweek en SWD die Leeus vyftiental met 20-19.
Daar is nog kaartjies vandag by die hekke beskikbaar teen net R50 en daar is talle kosstalletjies om sommer ontbyt en middagete by Hoërskool Middelburg te geniet.
