Ma rasend van bekommernis oor 19-jarige seun wat Vrydag verdwyn het
’n 19-jarige seun het Vrydag verdwyn kort nadat hy en sy ma gestry het.
Ricardo du Toit het Vrydag verdwyn vanaf sy ouerhuis in Mineralia.
Marinda Lusse, Ricardo se ma, sê sy en Ricardo het Vrydag gestry omdat hy die hele dag voor die televisie gelê het en het sy begin huis skoonmaak.
Kort nadat sy die stofsuier afgesit het, het haar dogter kom sê dat sy nie vir Ricardo sien nie.

Marinda noem dat ’n buurvrou hom omstreeks 13:00 Vrydagmiddag met sy skooltas oor sy skouer in die rigting van OK Foods in Mineralia sien stap het.
Daar is intussen ’n vermiste persoon saak geopen, aangesien hulle niks weer van Ricardo gehoor het nie.
“Daar is baie bespiegelinge van mense wat sê dat hulle hom iewers gesien het, maar Ricardo is steeds weg.”
Ricardo het Vrydag ’n groen baadjie, swart seilbroek en wit tekkies aangehad. Hulle kan nie agterkom watter klere nog weg is nie, maar sy bont slaapbroek is beslis weg.
Hy het blonde hare, blou oë en het ’n merk op sy rug waar ’n hond hom gebyt het en een op sy skeen, reg rondom tot by die kuit, waar hy as jong seun seergekry het.

Hy is ’n graad 12 leerder van HTS Middelburg.
As enigiemand weet waar Ricardo moontlik kan wees, skakel Marinda by 073 656 5455 of Wiekus by 078 294 8601 of die gemeenskapspolisiëringsforum by 072 386 9949. Die egpaar het nie tans vervoer nie en sê mense wat hom sien is welkom om die GPF-lede te skakel.

