News

Oog op die oggendverkeer en ander probleme op paaie

Daar is vanoggend twee probleme op die paaie aangemeld

Motoriste moet daarop let dat daar ‘n paar insidente aangemeld is.

By die glipweg vanaf Eastdene na Cowen Ntulistraat, net voor die brug op pad na die ou Belfastpad, was daar ‘n ongeluk wat verkeer kan beïnvloed.a

Die area waar die ongeluk gebeur het (Google Maps).

Middelburgers op pad Gauteng toe, het laat weet dat daar een of ander boikot-aksie is op die N12 by die afrit by Etwatwa (naby Springs) en het motoriste gewaarsku om versigtig te wees.

Daar is verskeie slaggate in die dorp, maar het die munisipaliteit verlede week laat weet dat hulle reeds begin het in verskeie areas om reg te maak.

Daar is nie enige ander insidente in en om die dorp, op die N4, die N11 (tot by Doornkop), die ou Middelburg/Witbank-, Vandyksdrif- en die Stoffbergpad aangemeld nie.

As jy weet van enige ongelukke, groot slaggate en ander obstruksies op die paaie wat verkeer kan beïnvloed, skakel of stuur vir ons ‘n WhatsApp (met ‘n foto of video, indien moontlik) na 072 248 3855.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button