News

Passie kom tot uitbarsting voor televisie kamera’s

Die son het gesak oor Cravenweek 2025 maar die herinneringe aan hierdie puik week sal spelers, toeskouers en afrigters, altyd bybly.

Die gesindheid waarmee die week aangebied is en die wyse waarop spelers dit op die veld uitgeleef het, is veral na die eindstryd tussen Westelike Provinsie en die Suidwestelike Distrikte Arende gesien.

Die WP se Gert Kemp is aangewys as speler van die eindstryd en was besig met ’n onderhoud voor die televisie kamera’s toe die Suid-Afrikaanse Skole spelers se name uitgelees is.

Die WP se Gert Kemp wat as speler van die wedstryd aangewys is, hang sy medalje om sy pa se nek. Foto: verskaf.

Kemp het in trane uitgebars toe hy sy naam hoor, emosioneel na sy pa, Bles, gestap en die wenners medalje om sy verheugde pa se nek gehang het. Ma Freda het in die spesiale oomblik gedeel.

Die twee spanne het hierna reg langs mekaar ’n kringetjie gemaak, daar is gebid en die afrigterskorps het die spelers toegespreek.

Gert en Bles Kemp omhels mekaar.

Al was daar ’n verloorder het die positiewe golwe aanvoelbaar deur die lug geklief.

Hoeveel ouers opoffer om hulle seuns te ondersteun was ook duidelik, met Kemp (senior) wat terug gevlieg het Kaap toe, net om weer Donderdag terug te vlieg om sy seun teen die SA A Skolespan in aksie te sien.

Die SA Skole en naasbestes pak mekaar by Hoërskool Middelburg om 15:00.

Toegang is gratis.

Bles het net soos sy seun skoolgegaan aan Paul Roos Gimnasium.

@middelburgobserver

Die gesindheid waarmee die Cravenweek aangebied is en die wyse waarop spelers dit op die veld uitgeleef het, is veral na die eindstryd tussen Westelike Provinsie en die Suidwestelike Distrikte Arende gesien.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button