Dorp bibber en beef in een van koudste jare
Ons dorp se ysbere, oftewel die Early Riders, skrik nie eers as die water in hul waterbottels vries nie.
Dit was ’n bibber-koue jaar.
Vra maar die Early Riders. ’n Groep fietsryers wat vir die koue middelvinger wys.
Hoe die groep ysbere dit reg kry om kom sneeu, kom wind, kom reën, steeds elke oggend op hulle fietse te klim, sal net hulle weet.
Ysbere by uitstek!

Maar wanneer hulle vroegoggend Alzu toe en terug ry en hulle waterbottels ys kliphard, dan moet jy weet dit is bitter koud.

Maar hoe koud? ’n Hele minus ses grade!
Die afgelope paar weke het hulle temperatuurmeters gereeld hier by die -6 grade vasgesteek.

Sutherland word as een van die koudste dorpe in die land gereken.
Die laagste temperatuur is egter op die plaas Buffelsfontein in die distrik Molteno aangeteken, ’n bibberende -18.6 grade celsius!
In Junie maand hierdie jaar was Biesiesvlei in die Vrystaat, volgens Pretoria Rekord, een van die koudste plekke in die land met -10.1°C.
Nie een van hierdie temperature kom natuurlik naby Oymyakon in Rusland nie, met rekordlae metings van -67.7°C.
• Die jaar 1976 is steeds een van die koudste in die dorp se geskiedenis met vuuremmers wat in ys verander het by 4SAI.
