News

Excellent was uitstekend by Cravenweek

Excellent was so goed by die Cravenweek dat hy deur SA-rugby raakgesien is.

Excellent Mnkomo is Donderdag in beheer van die kragmeting tussen die SA Skole en SA Skole A-span.

Dié oud leerling van Hoërskool Kanonkop wat homself Piesang noem, maar eintlik Excellent Mnkomo is, het so puik geblaas dat hy op die laaste dag toevertrou is met die hoof voorwedstryd tussen die Haaie en Vrystaat.

Nou het hy sy pad oop geblaas na Donderdag se wedstryd wat om 15:00 by Hoërskool Middelburg afskop.
Toegang is gratis.

Excellent Mnkomo, meer bekend as Piesang, in beheer van ’n wedstryd tussen WP en Boland tydens die Cravenweek. Foto: Gerhard Rheeder.

• Excellent was ’n leerling onderwyser by sy alma mater voordat hy by die personeel van Ben Viljoen op Groblersdal aangesluit het.

Nog nuus oor Donderdag se tweestryd is dat die WP losvoorspeler, Josh Neill, beseer is en in die Skolespan vervang word deur sy WP spanmaat Quintin Potgieter.

Die Blou Bulle se Elwin Janse van Vuuren, wat ook vir Affies uitdraf, is nadergetrek vir die A-span.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button