News

Oog op die oggendverkeer en ander probleme op paaie

Hier is jou inligtingsgreep om seker te maak waar jy ry, is daar nie enige ernstige insidente of obstruksies op die paaie nie.

Motoriste wat vanaf Groblersdal na Middelburg pendel, moet daarop let dat daar ‘n trok in Kranspoort geknipmes het.

Volgens ‘n stemboodskap wat vroeg vanoggend op noodgroepe gedeel is, het die trok waar ‘n mens begin opry na Kranspoort geknipmes en staan gevaarlik in die pad. Insleepdienste sal binnekort die trok opsleep in Kranspoort.

Buiten die gewone oggendverkeer en slaggate in sekere areas in die dorp waaraan nog nie aandag gegee is nie, is daar nie insidente in die dorp self aangemeld nie.

Daar is laat weet dat daar op hierdie stadium geen mis of ernstige ongelukke op die N4 (beide rigtings Belfast en eMalahleni), of N12 is nie. Op die ou Middelburg/Witbankpad is ook nie probleme nie.

As jy weet van enige ongelukke, groot slaggate en ander obstruksies op die paaie wat verkeer kan beïnvloed, skakel of stuur vir ons ‘n WhatsApp (met ‘n foto of video, indien moontlik) na 072 248 3855.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button