Daar het vir meer as drie jaar ’n swaard oor die koppe van Nico Uys en sy seun CJ se koppe gehang, nadat die Dullstroom boere in Julie 2022 op klagtes van mensehandel en oortreding van immigrasiewette deur die Valke gearresteer is.
Beide is egter Donderdag op die klagtes teen hulle vrygespreek.
Die Uyse het hulleself kort na die arrestasie van twee kontrakteurs, die broers Carlos en Gabriel Guambe, aan die Valke oorgegee.
Die Guambes het hout namens die Uyse op hul plaas in die Dullstroom area ontgin, en is per ton hout betaal.
Die Uyse het later ingestem dat 39 familielede van die Guambes tydelik op hul plaas in tente kan bly, nadat xenofobiese aanvalle in die informele nedersetting waar hulle gevestig was, hul lewens bedreig het.
Die Valke het egter toegeslaan en die Guambes en Uyse van mensehandel beskuldig.
Die Uyse is vir 80-dae lank toegesluit voordat borg op appèl toegestaan is.
Hulle is Donderdag op al die klagtes teen hulle vrygespreek.
Uys het sy regsverteenwoordigers, advokaat André May en prokureur Chris Wentzel, vir die uitkoms bedank.
• Lees meer in die week se Middelburg Observer oor hul beproewing aan die hand van die staat.
