News

KYK: Magoebaskloof gesluit vir motoriste

Talle onploffings, brande maak kloof onbegaanbaar.

Plaaslike motoriste wat Tzaneen toe wil reis deur die Magoebaskloofpas, moet maar hul reisplanne aanpas.

Magoebaskloof se pas sal vir die meerderheid van die dag gesluit wees, na ’n trok in vlamme opgegaan het.

Videomateriaal wat wyd op plaaslike verkeersgroepe gedeel word, wys hoe ’n motoris die ongelukstoneel nader.

@middelburgobserver

Magoebaskloof pass will be closed for the rest of the day, following an accident involving a truck ferrying gas cylinders early this morning, resulting in multiple explosions, and wild fires.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Verskeie ontploffings kan dan waargeneem word.

Dit het intussen aan die lig gekom dat die trok gasbottels vervoer het.

Die ontploffings het ook bosbrande veroorsaak wat tans versprei.

Die drywer van die trok is ernstig beseer.

Die pas is tussen Polokwane en Tzaneen.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button