News

Video: Oog op die oggendverkeer en ander probleme op paaie

Hier is jou inligtingsgreep om seker te maak waar jy ry, is daar nie enige ernstige insidente of obstruksies op die paaie nie.

Buiten slaggate, is daar nie vanoggend ernstige probleme aangemeld nie.

’n Motoris het laat weet dat dit vandag die derde dag is dat daar ’n bus met pasassiers langs die pad staan, net na De Voetpadkloof se afdraai (Kranspoort se rigting). Dit beïnvloed nie verkeer nie, maar dit blyk dat die insittendes langs die pad bly, aangesien hulle gisteraand langs die bus vuur gemaak het vir ’n bietjie hitte. “Hulle slaap seker in die bus,” is gesê.

Rdl. Elsie Vermooten het laat weet dat die slaggatte op die hoek van Hobson- en Robertsonstraat en Wes- en Hospitaalstraat in Clubville nog nie herstel is nie.

Daar is steeds padwerke in Meyerstraat by die Meyersbrug en die pad is ook nog nie herstel tussen die brug en Proteastraat nie. Daar het intussen ’n diep slaggat gevorm in die pad en word padgebruikers gemaan om baie stadig te ry.

@middelburgobserver

Drive slowly, still roadworks in Meyer Street (Middelburg), just before the bridge.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

In die dorp is die verkeer bedrywig en op die paaie om Middelburg (N4, N12, ou Middelburg/Witbank-, Vandyksdrif- en Stoffbergpad) is nie insidente aangemeld nie.

  • As jy weet van enige ongelukke, groot slaggate en ander obstruksies op die paaie wat verkeer kan beïnvloed, skakel of stuur vir ons ‘n WhatsApp (met ‘n foto of video, indien moontlik) na 072 248 3855.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button