News

‘Captain Morgan’ veg vir sy lewe in die Middelburg Hospitaal

’n Gesin het pas ’n BackABuddy profiel gestig om fondse te probeer bewillig om ’n baie siek pasiënt in die Middelburg Hospitaal te skuif na ’n privaat hospitaal.

Die welbekende hengelaar, Andre Kruger, beter bekend as ‘Captain Morgan’, veg vir sy lewe in die Middelburg Hospitaal.

‘Captain Morgan’ (Andre Kruger) is bekend vir sy fyn humorsin.

Sy dogter, Jackie Erasmus, sê haar pa het gister ’n beroerte gehad.

Hy is in die Life Midmed Hospitaal gestabiliseer en oorgeplaas na die Middelburg Hospitaal.

Jackie meld dat die dokter wat hom behandel het, gesê het dat hy in die intensiewe eenheid opgeneem moet word, maar hy is in ‘n gewone saal opgeneem. “Hy lê daar in’ n bondeltjie in die hoek,” het Jackie hartseer gesê.
“Sy hart werk net 15%, hy het hoë suiker en het nou ‘n beroerte gehad. Hy moet intensiewe behandeling kry!”

Persone wat wil kontak maak met die familie om hulp te verleen, kan Jackie skakel by 067 568 5048, of Bernard van der Berg (vriend) by 082 769 0227.

Die gesin beplan om hom so gou as moontlik te probeer oorplaas na ’n privaathospitaal en is n backabuddy profiel gestig. Die skakel na die BackABuddy profiel is HIER.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button