Middelburg het beslis een van sy koudste winters ooit beleef.
Nadat die groepie fietsryers, wat bekend staan as die Early Riders, gereeld temperature van minus ses grade Celsius gemeet het, het Andre Brandmuller nou laat weet dat hy een oggend’n bibberende -8°C aangeteken het.
Hy het foto’s saam gestuur om te wys hoe het die grasvelde in ’n yskombers verander.

Brandmuller is die groep se groot ysbeer en ry reg deur die winter steeds elke oggend in die oggendure wanneer dit op die koudste is.
- As jy jou winterfoto’s of videos met al ons lesers wil deel, stuur ’n WhatsApp na 072 248 3855 of ’n e-pos na daleen@mobserver.co.za.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
