Oog op die oggendverkeer en ander probleme op paaie
Hier is jou inligtingsgreep om seker te maak waar jy ry, is daar nie enige ernstige insidente of obstruksies op die paaie nie.
Daar is ‘n ernstige ongeluk op die N12, protes-aksie naby Carolina en ‘n trok wat verkeer belemmer.
Middelburgers wat Gauteng toe pendel het pas laat weet dat daar ‘n ongeluk is op die N12 tussen Delmas (Bapsfontein) en die Eloff-afrit. Daar lê palette in die pad.
Daar is ook op noodgroepe laat weet dat daar ‘n protes-aksie is op die R33 sowat ‘n kilometer vanaf Carolina en dat daar klippe gepak is op die pad in Warburton se rigting.
In Meyerstraat bokant die Meyersbrug waar die padoppervlak tans so sleg is, staan ‘n trok in die pad en is daar reeds hulp op pad om die trok so gou as moontlik te verwyder.
Buiten die oggendverkeer op die paaie in en om Middelburg (ou Middelburg/Witbankpad, N4, Vandyksdrif- en Stoffbergpad) is daar nie nog insidente aangemeld nie.
- As jy weet van enige ongelukke, groot slaggate en ander obstruksies op die paaie wat verkeer kan beïnvloed, skakel of stuur vir ons ‘n WhatsApp (met ‘n foto of video, indien moontlik) na 072 248 3855.
