Video: ‘n Gewerskaf vir ‘n vale in Meyerstraat, maar pad lyk al beter!
Motoriste is baie bly dat die pad al beter lyk in Meyerstraat tussen Meyersbrug en Proteastraat.
Die Nasionale Padagentskap was vandag ekstra besig met herstelwerk in Meyerstraat tussen Meyersbrug en Protestraat, naby die Middelburg Observer se kantore.
‘n Paar motoriste het op ‘n stadium krapperig laat weet dat die afbaan vanaf Stoffberg se rigting gesluit is vir verkeer, en dat net die opbaan oop is. Teen laat vanmiddag was beide bane egter weer oop.

Alhoewel die herstelwerk nog nie heeltemal voltooi is nie, is dit nie meer so erg stampe en stote as mens oor die area ry waar daar gewerk word aan die pad nie.
@middelburgobserver Meyerstraat tussen die brug en Proteastraat in Middelburg lyk al beter! Die span van die Nasionale Padagentskap het vandag gewoeker sodat dit nie meer so erg stampe en stote is as mens oor die gedeelte ry waar ‘n groot slaggat gevorm het nie.
