News

MidWit-buurtspan laat nie gras onder hul voete groei nie

4 hektaar deur MidWit-buurtspan getakel.

Die buurtspan van AfriForum se Middelburg- en Witbank-takke het in hul eerste bestaansmaand in Mei nie gras onder hul voete laat groei nie deur verskeie areas in Middelburg en eMalahleni, minstens vier hektaar se oppervlakte skoongemaak.

Die buurtspan het in Middelburg weggespring met ’n grassnyprojek by die Mineralia-begraafplaas waar ’n gedeelte binne en buite die begraafplaas gesny is.

Die span het ook by die Gholfsig-begraafplaas skoongemaak. Daarna het hulle die parkie oorkant Middelburg Primary School se gras gesny en die rommel opgetel.

Vandaar is hulle na Hoog- en Vosstraat om die spoedwalle te verf.

Die spoedwalle, wat ook dien as voetoorgange, is nou duidelik gemerk.

Verlede Woensdag het die buurtspan die spoedwalle, wat ook dien as voetoorgange by Laerskool C.R. Swart, gaan verf.

“Sekere take bly agterweë en ons kan nie toelaat dat ons dorp verval soos die dorpe om ons nie,” sê Mark Salzwedel, voorsitter van AfriForum se Middelburg-tak.

• In eMalahleni het die AfriForum-buurtspan begin om gras te sny langs OR Tambo-weg. Die pad is een van eMalahleni se hoofroetes en die area was baie vuil.

Die span het meer as vier bakkievragte vol gras en rommel weggery. Daarna het hulle na die Witbank-gholfklub beweeg en Lukinstraat skoongemaak. Die roete na die gholfklub het bitter sleg gelyk en ’n veiligheidsrisiko ingehou omdat die gras op die sypaadjies baie hoog gegroei het.

’n Oppervlakte van 1,5 hektaar is in eMalahleni skoongemaak.

“Die span is nou reeds besig om spoedhobbels in beide dorpe (Middelburg en eMalahleni) oor te verf. Mense wat die span sien, kan weet dat hulle hier is om die gemeenskap te dien,” sê Sarel van Heerden, voorsitter van AfriForum se Witbank-tak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button