Plaaslike rugbyliefhebbers kan hulle gereed maak vir ’n rugbydis soos min, wanneer die Curriebekerreeks die naweek afskop.
Twee ou aartsvyande pak mekaar terwyl die nuwelinge, Boland, op sy tuisveld kans kry om te wys hy hoort tussen die groot honde.
Die reeks skop sommer vroeg af met die noord en suid derby tussen die Blou Bulle en die Westelike Provinsie.
Die Leeus en Haaie is om 15:00 slaags in Johannebsurg terwyl die WP tuis speel teen die Bulle.
Sondag speel Boland tuis teen die Vrystaat Cheetahs om 15:00.
Die nuwe afrigter, Johan Ackerman, sluit hom Dinsdag by die span aan.
Die Bulle se Curriebekerspan word deur Phiwe Nomlomo afgerig met Kennedy Tsimba, Werner Kruger, James Winstanely en Josh Strauss wat hom bystaan.
Die span wat teen die Streeptruie uitdraf sal waarskynlik ’n mengsel van jeug en ervaring wees.
Verskeie van die seëvierende wêreld o/20 kampioene is deel van die groep.
Van die vergete spelers soos Boeta Chamberlain, Jaco van der Walt en Chris Barend Smit sal ook kans kry om te wys hulle moet eintlik in die verenigde kampioenskap speel.
Die nuwe aanwins van die Vrystaat, Jeandre Rudolph, gaan vir die Bulle Curriebeker rugby speel.
Agterspelers: Boeta Chamberlain, Brooklyn Nedwmann, Cheswill Jooste, Chris Barend Smit, Daimon O’Conell, Demitre Erasmus, Henry Immelman, Jaco van der Walt, Katlego Letebele, Liam Koen, PA van Niekerk, Riyaad Bam, Stedman Gans, Steven Nel, Stravino Jacobs, Zak Burger.
Beseerdes: Aphiwe Dyanthi, Celimpilo Gumede, Corné Beets, Cornel Smit, Heinrich Theron, Juann Else, Khuya Mchunu, Nizaam Carr, Simphiwe Matanzima.
