News
Hond verkluim in boks langs asblik by fietsrybaan
’n Mopshondjie het waarskynlik verkluim in ’n boks wat langs ’n asblik neergesit is.
Fietsryers was gisteroggend erg omgekrap toe hulle ’n dooie hond in ’n boks langs ’n asblik by die Tarries Fietsrybaan, waar talle gesinne met hul kinders gaan fietsry, gekry het.
Angelique Smith het haar sterk uitgespreek teenoor die persoon wat die hond (’n mopshond, beter bekend as ’n pug), met ’n handdoek by hom in die boks, langs de asblik neergesit het.
Sy het in haar plasing gesê dat die hondjie verkluim het.
“Die arme hond, dis so evil, jy kon sien hy wou uit die boksie uitkom. Dalk was hy te bang.” Hulle kon nie die hond wegvat nie, omdat haar sewejarige seuntjie by hulle was.
- Angelique het vanoggend gemeld dat daar ’n ooggetuie was van die gebeure wat gesê het hy sal ook die Observer kontak met meer inligting.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
