News

StepStones gee hoop aan kinders met spesiale behoeftes

StepStones – ’n spesiale plek vir spesiale mensies.

StepStones Sentrum is ’n nie-winsgewende geregistreerde organisasie wat spesialiseer in die dagsorg en terapie van ernstig breinbeseerde en voorskoolse outistiese kinders in Middelburg.

Letanea Kennedy het ongeveer 10 jaar gelede StepStones begin sodat die leerlinge nie net alleen by hul huise gelos word nie, “Hulle het nodig om te lag en mekaar te geniet terwyl hul leer…”

Letanea en Charmaine du Toit het albei self kinders met spesiale behoeftes.

Letanea Kennedy met Björn Scheepers.

Letanea het ’n graad in Teologie (assistent pastoor by CCM Middelburg), is ’n neuro-lewensafrigter, berader, musiekleier en het kursusse/programme voltooi van die Family Hope Sentrum van Amerika vir breinbeseerde kinders tydens hul besoek aan Suid-Afrika.

Charmaine is ’n gekwalifiseerde Tutor (leermeester) en het haar diploma in Makaton en SNAP (Special Need Adapted Program). Sy het baie jare se ondervinding in die werk met outistiese en breinbeseerde kinders. Sy werk met kinders op die Outisme spektrum, ADHD, ontwikkelings-agterstand en soortgelyke kondisies deur toegepaste gedragsanalise (ABA, Applied Behavior Analysis) terapie toe te pas wat fokus op die verbetering van sosiale, kommunikasie en leervaardighede.

Die sentrum gebruik verskillende metodes, terapieë, opvoedkundige werk en stimulasie terwyl hul fokus op die welstand van die fisiese liggaam, brein en gees.

Die kinders geniet mekaar se teenwoordigheid, is veilig, gelukkig en leer by mekaar.

Baie ouers kan weens verskeie omstandighede nie hul kinders na die sentrum bring nie, daarom het Charmaine ook ’n opsie om leerlinge te besoek by hul huise in die gerieflikheid van hul eie omgewing. Sy doen een-tot-een terapiesessies.

Charmaine du Toit met Joshua Ras. FOTO: Verskaf.

StepStones wil ook opleiding bied vir die leerders se helpers/assistente, indien hul nie by ’n skool of sentrum kan uitkom nie.
“Indien u belangstel om u helper op te lei, kontak ons ook en ons sal u laat weet wanneer die eerste opleidingsessies sal plaasvind.”

Daar is tans ’n paar spasies oop vir nuwe leerlinge. Engelse studente word ook aanvaar.

Besoek die Stepstones Facebookblad by: https://facebook.com/stepstonescentre/. Kinders kan ook geborg word en hulle sal waardeer as die gemeenskap bydraes kan lewer vir toerusting en terapie.

Vir meer inligting, skakel Letanea by 084 840 1532 of Charmaine by 072 491 2238.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button