News

Man sterf ure nadat sy hart agt keer gaan staan en hy teruggebring is

Nollie Venter is Vrydagaand in die Wilgers Hospitaal oorlede.

Die personeel van Life Midmed Hospitaal het Vrydag agt keer Nollie Venter (60) se hart weer aan die gang gekry nadat dit gaan staan het. Later dieselfde dag is hy in die Wilgers Hospitaal oorlede.

Sy dogter, Charlene, sê haar pa het nie lekker gevoel nie en is hy die oggend van die spreekkamer af hospitaal toe.

Nollie het graag met sy kleinkinders gespeel. In die kruiwa is De Wet, Christelene, Ruben en Charelise. FOTO: Verskaf.

Met sy aankoms by die hospitaal het hy inmekaar gesak en het sy hart die eerste keer gaan staan. Daarna het dit nog sewe keer gebeur en het die dokters en personeel van Life Midmed Hospitaal sy hart weer aan die gang gekry.

Hulle is meegedeel hy het ’n bloedklont in die long en is kort daarna oorgevlieg na die Wilgers Hospitaal.  ’n Prosedure is gedoen om ’n pypie in die longe te sit en was sy bloeddruk baie laag toe hy uit die teater kom.

Omstreeks 22:30 is die familie laat weet dat hulle moet terugkom hospitaal toe en kort na 23:00 is Nollie oorlede.

Nollie is deur sy familie beskryf as ’n hardwerkende gesinsman wie se vrou, kinders en kleinkinders sy alles was.

Hy word oorleef deur sy vrou, Frances, dogters Charlene en Cherise, skoonseuns Andre en Lourens en kleinkinders Christelene, Charelise, De Wet en Ruben.

Nollie met sy kleindogters, Charelise en Christelene p[ doe arm. FOTO: Verskaf.
Kleinseuns Ruben en De Wet saam met ouma Frances en oupa Nollie. FOTO: Verskaf.
Nollie Venter en sy twee dogters, Charlene en Cherise. Nollie is Vrydagaand oorlede. FOTO: Verskaf.
Nollie saam met sy skoonseuns, André en Lourens. FOTO: Verskaf.

Die begrafnisreëlings is nog nie gefinaliseer nie.

  • ’n Huldeblyk sal in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer verskyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button