Oog op die oggendverkeer en ander probleme op paaie
Hier is jou inligtingsgreep om seker te maak waar jy ry, is daar nie enige ernstige insidente of obstruksies op die paaie nie.
Die skole heropen vandag en begin die verkeer reeds optel op die paaie in die rigting van die verskillende skole.
Die Steve Tshwete Munisipaliteit het gistermiddag laat weet dat hulle besig is met herstelwerk aan die pad op die hoek van Cowen Ntuli- en Walter Sisulu (afbaan, Walter Sisulu) en dat dit verkeer gaan beïnvloed. Daar is nie ‘n aanduiding gegee presies wanneer die werk voltooi sal wees nie.
Daar was ‘n ongeluk op die ou Belfastpad (R104), maar die voertuie is nie in die pad nie en verkeersvloei is normaal.
Middelburgers wat op die N4 na Pretoria en die ou Middelburg/Witbankpad (R555) pendel vanoggend sê die paaie is tans insidentvry.
- As jy weet van enige ongelukke, mis, groot slaggate en ander obstruksies op die paaie wat verkeer kan beïnvloed, skakel of stuur vir ons ‘n WhatsApp (met ‘n foto of video, indien moontlik) na 072 248 3855.
