Video: Die koue bekruip ons alweer!
Tipiese eendeweer besig om ons stadig maar seker te bekruip!
As jy nog nie ‘n warmwatersakkie of ekstra kombers aangeskaf het nie, sal jy dit die naweek vinnig in die hande moet kry!
Trokdrywer Wynand Spencer het vanmiddag ‘n video gestuur waar hy deur die Van Reenenspas (N3) in KwaZulu-Natal gery het en was dit koud en reënerig in die pas. Hy het gemeld dat dié weer op pad is Hoëveld en natuurlik Middelburg se kant toe.
@middelburgobserver Dis nat en reënerig in Van Reenenspas in KwaZulu-Natal. Middelburger Wynand Spencer het vanmiddag met sy vragmotor deur die pas gery en sê dié koue is op pad Hoëveld toe!
Hy is beslis nie verkeerd nie!
Die tipiese Hoëveldse ysluggie vandag het die meeste mense vandag binne gehou. As daar gekyk word na die weervoorspelling (Accu Weather) gaan die kwik more ook net tot 16 grade styg.
Donderdag sal die son so bietjie warmer wees met ‘n hanteerbare 18 grade celcius en Vrydag se maksimum van 19 en Saterdag se 20 grade sal almal sommer weer laat ontdooi.
Sondag voorspel al koeligheid op 17 grade en gaan almal seker Maandag afsiek boek as hulle by die vensters uitloer! ‘n 70% kans vir reën plek-plek en ‘n maksimum van 10 grade met selfs ‘n moontlikheid van ‘n paar sneeuvlokkies is op die voorspellingskaarte!
Teen Dinsdag lyk dit of die grade so bietjie sal styg na 14 en teen Woensdag behoort die eendeweer al bietjie te wyk.
