Video: Twee wiele van ’n braaier en karradio, toe bou Willie sy eie beatboks
Willie wil en toe wys hy wat hy kán doen!
Hoeveel ouers het net nie vanoggend gesug nie… “dankie tog die skool begin weer?”
Daar was een hoërskoolleerling wat nie ledig by die huis gesit het nie.
Willie Ackerman het sy eie beatboks gebou. Nie sommer so beatboks nie, een wat die luggolwe laat bewe en wat hy kan sleep waar hy gaan.
Dié bielie beatboks is gebou uit twee wiele van ’n braaier, karradio, twee yslike luidsprekers en subwoofer (baseenheid).
Die graad 10 leerling van Hoërskool Kanonkop se volgende projek is om ’n kar op te bou.
Wanneer hy klaar is met skool beplan hy om ’n ingenieur te word.
Willie het sy beatboks Maandag vir die Middelburg Observer gewys sommer daar in die veld tussen Dennesig en Kanonkop.
- Beatboks of klankboks kom van die Engelse beatbox en word ook ’n stemperkussie genoem.
@middelburgobserver Willie wil so hy kan! Willie Ackerman van Middelburg het sy eie beatboks gebou met twee wiele van ’n braaier, karradio, twee yslike luidsprekers en ’n subwoofer (baseenheid).
