News
Oog op die oggendverkeer en ander probleme op paaie
Hier is jou inligtingsgreep om seker te maak waar jy ry, is daar nie enige ernstige insidente of obstruksies op die paaie nie.
Buiten druk verkeer, is daar nog nie vanoggend ernstige probleme soos ongelukke of mis op die paaie aangemeld nie.
Inwoners van Belfast het laat weet dat daar in die vroeë oggendure mis in die omgewing was, maar dat dit besig is om op te klaar.
Motoriste wat die D2274-pad, waar ’n mens afdraai vanaf die N11 na Pullenshope, word gewaarsku om stadig te ry, aangesien daar groot slaggate op dié pad is.
- As jy weet van enige ongelukke, mis, groot slaggate en ander obstruksies op die paaie wat verkeer kan beïnvloed, skakel of stuur vir ons ‘n WhatsApp (met ‘n foto of video, indien moontlik) na 072 248 3855.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
