Die Blou Bulle se Curriebeker afrigter, Phiwe Nomlomo, het ’n mengsel van jeug en ervaring gekies vir Saterdag se eerste wedstryd in die reeks.
Daar is sewe nuwelinge, waarvan ses o/21 spelers, wat die Streeptruie in die Kaap pak.
Die span word aangevoer deur die gewese WP losvoorspeler Nama Xaba.
Onder die ervare spelers tel Marvin Orie, Zak Burger, Boeta Chamberlain, Stravino Jacobs en Jeandré Rudolph.
Die span is: Henry Immelman, Katlego Letebele, Stedman Gans, Chris Barend Smit, Stravino Jacobs, Boeta Chamberlain, Zak Burger, Jeandré Rudolph, Junior Pokomela, Nama Xaba (k), Marvin Orie, Sintu Manjezi, Francois Klopper, Joe van Zyl, Dylan Smith. Plaasvervangers: 16. Shaun Schurmann 17. Lizo Gqoboka 18. Jean Erasmus 19. Jaco Grobbelaar 20. Dylan de Leeuw 21. Steven Nel 22. PA van Niekerk 23. Marco Ferreira.
