Die oud Hoërskool Kanonkop leerling en provinsiale skeidsregter, Excellent Mnkomo, se goeie vertoning by vanjaar se Cravenweek is beslis raakgesien.
Mnkomo is aangewys om Saterdagmiddag in Harare ’n belangrike kragmeting te hanteer.
Hy sal in beheer wees van die twee Zimbabwiese skolespanne, St John’s Colllege en St George’s, se wedstryd in Harare.
Hy het tydens die Cravenweek, wat by Hoërskool Middelburg aangebied is, op die laaste dag die hoofvoorwedstryd tussen die Haaie en Vrystaat hanteer en goed van homself rekenskap gegee.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
