News
Wees versigtig – Ongeluk op N4, voertuig staan in pad
Motoriste wat op die N4 ry in Nelspruit se rigting, moet daarop let dat daar ’n ongeluk was wat verkeer beïnvloed.
Daar was ’n ongeluk by die Hendrina afrit op die N4 en daar staan tans ’n voertuig in die middel van die pad.
’n Voertuig het beheer verloor, die versperring langs die pad getref en teruggetol in die pad in. Alhoewel daar nie ernstige beserings is nie, word motoriste gemaan om stadiger te ry, aangesien daar pas weer amper ’n ongeluk op dieselfde plek gebeur het.

- Terwyl die berig geskryf is, is laat weet dat TRACN4 se span amper op die toneel is om dit te beveilig.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
