Dorp oorgeneem deur Britse mag
So tikkie interessante geskiedenis van ons dorp tydens die Anglo Boereoorlog.
Gister, presies 125 jaar gelede, op Vrydag 27 Julie 1900, het generaal majoor JPD French se kavaliers divisie en generaal majoor ETH Hutton se Mounted Infantry Division Middelburg beset tydens die Anglo Boereoorlog.
Die mag het die dorp binnegery langs Kerkstraat (Walter Sisulustraat), om die Witkerk gery, tot voor die landdroskantoor (huidige hooggeregshof) waar die 26-jarige waarnemende landdros, JCS van Woudenberg, die dorp aan die Britte oorhandig het.
Die Union Jack, is dadelik aan die vlagpaal voor die landdroskantoor gehys.
- Die inligting is verskaf deur Middelburg Erfenisvereniging wat reuse werk doen om die dorp se geskiedenis te bewaar.
Aan die voorpunt is Theo Ligthelm, ’n lopende geskiedenisboek, veral oor Middelburg, en Rudi van Wyk, wat voorsitter is van die vereniging en ’n passievolle geskiedenisbewaarder is.
