News

Misha se reis as model en rolmodel

Misha Botha wil met haar voorbeeld jong vroue motiveer om die beste te wees wat hulle kan wees.

In ’n wêreld vol druk en verwagtinge, glo Misha Botha dat meisies iemand nodig het wat vir hulle kan wys hoe ’n jong dame met grasie, selfvertroue en waardigheid moet optree.

“Modelwerk het my gehelp om my identiteit te vind en die beste in myself na vore te bring,” vertel sy hierdie week.

Sy het ’n jaar gelede met modelwerk begin omdat sy ’n liefde het vir grimering en mooi klere.

Wat aanvanklik net ’n stokperdjie was, het egter vinnig ’n dieper betekenis vir haar aangeneem. Hoe langer sy in die bedryf is, hoe meer het sy besef dat sy ’n verskil wil maak – veral in die
lewens van jong meisies en tieners.

“Ek wil vir hulle wys dat hulle enigiets kan bereik, solank hulle in hulself glo. Jou grootste kompetisie is nie ander mense nie, dis die persoon wat jy in die spieël sien. Ek streef nie daarna om beter te wees as enigiemand anders nie, maar eerder om elke dag ’n beter weergawe van myself te wees as die vorige dag.”

Dit is presies haar wens vir elke meisie: “Dat sy sal ontdek wie sy werklik is, sal besef dat sy genoeg is net soos sy is, en dat daar áltyd iemand is wat omgee.”

• Misha was in 2024 die senior wenner van die Beauty Queen van die jaar en is ’n finalis van die Mej. Supreme tiener finalis 2025. Die kroning van laasgenoemde kompetisie is die naweek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button