Die Blou Bulle se Curriebeker afrigter, Phiwe Nomlomo, moes ’n paar veranderinge aan die span aanbring wat die Haaie Saterdag om 17:10 op Loftus Versfeld pak.
Juann Else speel in Joe van Zyl wat beseer is se plek haker en Boeta Chamberlain vervang Henry Immelman op heelagter.
Die vergete Springbok, Aphiwe Dyantyi, het herstel van ’n besering en dra die nommer 14 trui.
Daar is drie nuwelinge op die bank, Esethu Mnebelele, Ruan Swart en JJ Theron.
Die span word weer aangevoer deur die gewese WP losvoorspeler Nama Xaba.
Die span is: Boeta Chamberlain, Aphiwe Dyantyi, Stedman Gans, Chris Barend Smit, Stravino Jacobs, Jaco van der Walt, Zak Burger, Jeandré Rudolph, Junior Pokomela, Nama Xaba (k), Marvin Orie, Sintu Manjezi, Francois Klopper, Juann Else, Dylan Smith. Plaasvervangers: 16. Esethu Mnebelele, 17. Ruan Swart 18. Jean Erasmus 19. Dylan de Leeuw, 20.JJ THeron 21. Steven Nel 22. PA van Niekerk 23. Cornel Smit.
Die Haaie het meer spierkrag vir die kragmeting.
Die Haaie is in sy eerste Curriebeker wedstryd met 46-5 deur die Leeus verniel.
Veral die slotpaar Corné Rahl en die gewese Puma, Deon Slabbert, behoort die enjinkamer meer woema te gee.
Haaie: Hakeem Kunene, Phiko Sobahle, Litelihle Bester, Janco Purchase, Jaco Williams, Jean Smith, Bradley Davids, Nick Hatton (k), Jannes Potgieter, Tino Mavesere, Deon Slabbert, Corné Rahl, Lee-Marvin Mazibuko, Bryce Calvert, Phatu Ganyane. Plaasvervangers: Jacques Marais, Simphiswe Ngobese, Dian Heunis, Gideon Koegelenberg, Matt Ramao, Ceano Everson, Simphiwe Moyo, Albie Bester.
