News

Van Niekerk in Swart se plek

Vrystaters kies twee baldiewe vir Pumastryd.

Die stewige binnesenter, Wian van Niekerk, draf vanaand vir die Airlink Pumas in Bloemfontein teen die Vrystaat Cheetahs uit in ’n Curriebeker kragmeting. Hy vervang die ervare Clinton Swart in die span.

Vir rugbyliefhebbers wag daar ’n interessante stryd in die skrum met die oud Puma Cameron Dawson wat teen sy ou spanmaats sak.

Dawson het Sondag teen die Boland ’n Herculesvertoning gelewer. Dawson teen Sampie Swiegers gaan maak dat jy kaartjies reg langs die kryt koop.

Voeg daarby die wedywering om die losbal en jy het ’n watertand tweestryd, dis wat die Bloemfonteinse koue sal verdryf.

Frans Steyn het twee baldiewe by uitstek gekies in Gideon van der Merwe en nog ’n oud Puma, Daniel Maartens, wat op die bank gekies is, om die strooptog later by Van der Merwe oor te neem.

Die Vrystaters gaan ’n desperate span wees na sy nederlaag Sondag teen Boland in Wellington.

Die kragmeting skop om 19:00 af.

Agsteman Willie Engelbrecht, sal die Pumas weer aanvoer.

Airlink Pumas: Tino Swanepoel, Lundi Mesenge, Sango Xamlashe, Wian van Niekerk, Darren Adonis, Danrich Visagie, Ross Braude,  Willie Engelbrecht (k), Kwanda Dimaza, Ntsika Fisante, Jeandre Leonard, Heinz Bertram, Sampie Swiegers, Eduan Swart, Etienne Janeke. Plaasvervangers: Darnell Osuagwu, Stephan de Jager, Dewald Maritz, JJ Scheepers, Andre Fouche, Ruwald van der Merwe, Russwill  Fredericks,  Stefan Coetzee.

Vrystaat Cheetahs:  James Varity-Amm, Banie Britz, Marko Jansen van Vuuren, Carel-Jan Coetzee, Cohen Jasper, Tiaan Swanepoel, Jandre Nel, Neels Volschenk, Gideon van der Merwe, Sasko Ndlovu, Victor Sekekete  (k), Pierre Raymond Uys,  Frankie Dos Reis, Vernon Paulo, Cameron Dawson. Plaasvervangers: Louis van der Westhuizen, Hencus van Wyk, Aranos Coetzee, Sisonke Vumazonke, Daniel Maartens, Rewan Kruger, Franco Smith, Clayton Blommetjies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button