News

Gesteurde Pitbul val stapper in Oribistraat aan

Eienaars: 'Bjorn was nog altyd net liefdevol'

‘n Vrou is oomblikke gelede deur ‘n pitbulhond in Oribistraat aangeval.

Die hond het me. Hester Mellett aan haar bobeen beetgekry.

Mellett sit tans met diep bytwonde wat skoongemaak en geheg moet word.

Sy is gelukkig nie elders op haar liggaam gebyt nie.

Volgens die eienaars van die hond, wat op die hoeke van Oribistraat en Kareelaan woon, is dit nog ‘n jong hond.

Die hond, genaamd Bjorn, word glo gereeld deur kinders in die omgewing geterg, wat moontlik lig op die hond se aggressie kan werp.

Mellett is gou te hulp gesnel, en haar wonde is intussen verbind deur hulpverleners op die toneel.

Sy was nog erg in skok toe die Middelburg Observer met haar gesels het.

Volgens Mellett was sy op pad Kanonkop Spar toe, maar ken nie die area nie, en daarom het sy by Oribistraat opgeloop.

Die hond se eienaar was besig om hul voertuig in die erf te trek, toe Bjorn skielik by die hek uit is.

Die eienaar het aangebied om Mellett hospitaal toe vervoer, maar ambulanse is reeds ontbied.

Die Middelburg Observer het die eienaars na die DBV verwys vir raad, en Bjorn is intussen aan hulle oorhandig.

Al Bjorn inentings is op datum.

Naas kinders wat hom gereeld terg, was hekmotordiewe ook weer aktief in Oibistraat gedurende die nag, en is hulle ook op ‘n stadium deur die GPF in die straat gejaag.

Bjorn kon moontlik hierdeur ook opgewerk gewees het.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button