Boewe het vanoggend vier wiele van ‘n werksbakkie in Bullerlaan gesteel.
Naas die wiele is daar ook ‘n CCTV kamera afgebreek, en gegaps
Maar die hardeskyf bly agter.
En die uitgekapte plaveisel ook.
Die hardeskyf wys glo twee swartmans, en een witman, wat steel.
Dit het hulle meer as ‘n uur gevat om die wiele af te steel.
@middelburgobserver Wheel thieves steel camera in Buller Street, while stripping bakkie.
Vir meer as ‘n uur is daar in Jaco Coetzee se erf rondgekruip, wiele afgesteel en gevlug.
Die polisie beteken nie veel nie, want Jaco vertel hulle arresteer hulle en ‘”twee maande later is dieselfde dief terug.”
“Ons ken hom” sê Jaco, is vir hom gesê deur die polisie.
“Tot dit die landdros oorkom.”
“Dis klein, nie gewelddadig, maar…” sê-vra Jaco.
Hulle het plaveisel uitgehaal, om die bakkie staan te maak.
“Daar was los bakstene” sê Coetzee.
