News

Wieldief slaan toe in Bullerlaan na inwoners vroeër ook vreemde wit kar rapporteer

Dis'n peperduur ding om te vervang.

Daar is vanoggend net na een vier wiele van ‘n werksbakkie in Bullerlaan, Dennesig, afgesteel.

Op CCTV beeldmateriaal kan gesien word hoe ‘n enkele figuur in die erf rondkruip.

Die dief merk ook die kamera op, breek hom af en verdwyn met hom, en die vier wiele, die nag in.

Volgens Jaco Coetzee kon hy net die een dief op die beeldmateriaal sien.

‘n Skermskoot van die donker figuur wat in die erf rondkruip.

“Hoe hy die vier wiele hier weg het weet net hy,” sê Coetzee, en las by dat hy geen voertuig in die omgewing op die beeldmateriaal kon waarneem nie.

“Hy moes egter toegang tot ‘n voertuig gehad het,” glo Coetzee.

Hy meld dat daar gedurende die naweek ‘n wit Suzuki voertuig met ‘n GP-registrasieplaat in die omgewing opgemerk is.

Inwoners het die wit kar op Dennesig WhatsApp-groepe gerapporteer.

Dieselfde kar is opgemerk waar dit volgens Coetzee, stadig op en af in Bullerlaan gery het.

“Of dit bloot toeval is kan ek nie sê nie,” meld Coetzee.

Hy vertel van ‘n ander diefstal waartydens gereedskap ook by hom gesteel is.

Die gereedskap is egter later in ‘n buurman se erf gevind nadat die bure se hond die dief gejaag het.

Die wiele is egter vir Coetzee ‘n kopseer omdat hy more moes Noord-Kaap toe vir werk.

Die bande was boonop splinternuut ook.

 

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button