News

Oog op die oggendverkeer en ander probleme op paaie

Hier is jou inligtingsgreep om seker te maak waar jy ry, is daar nie enige ernstige insidente of obstruksies op die paaie nie.

Meyerstraat gaan nog langer toe wees!

Die Steve Tshwete Munisipaliteit het ‘n kennisgewing uitgestuur dat padwerke in Meyerstraat tussen Beyers Naude- en Proteastraat nie tot 6 Augustus nie, maar tot 13 Augustus gaan voortduur.

Daar is dus baie swaar verkeer elke oggend in veral Lilian Ngoyi en Beyers Naude, aangesien trokke en ander verkeer wat vanaf Stoffberg se rigting kom, ook deur die dorp moet ry.

Op die hoek van Lilian Ngoyi en Proteastraat is die verkeerslig buitewerking en dra tot verkeersopeenhopings by.

Daar word gereeld op groepe gewaarsku oor die slaggate in die industriële gebied en word motoriste gemaan om stadig te ry.

‘n Middelburger het vroeg vanoggend laat weet dat houtpale vanaf ‘n trok geval het op die N12, net voor die Ogies afrit en dat motoriste versigtig moet wees.

Op die R555, ou Middelburg/Witbankpad, is net druk verkeer aangemeld. Vanaf Belfast tot by Middelburg op die N4 is nie enige insidente aangemeld nie.

As jy weet van enige ongelukke, mis, groot slaggate en ander obstruksies op die paaie wat verkeer kan beïnvloed, skakel of stuur vir ons ‘n WhatsApp (met ‘n foto of video, indien moontlik) na 072 248 3855.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button