News

Video: My f*k Riaan!

Die loop en val van fietsryers.

Wie het nou gedink Marelize sou ’n fliek word?

Daai Marelize, die een wat in ’n rugbypaal vasry toe sy leer fietsry. Die my f*k Marelize.

Marelize se ma, Heidi, het die kragwoord gelos toe haar dogter in die rugbypaal vasry.

Gou was sosiale media aan die gons en daar is selfs T-Hemde gedruk met: ‘My f*k Marelize’.

Die film gaan by die Silwerskermfees in Kampsbaai debuteer in Augustus en gaan nie net oor die rugbypaal voorval nie, maar ook oor Heidi se kankerstryd.

Fietsryers sal natuurlik kan identifiseer met Marelize.

Het saam met ’n fietsry groepie gery toe Hein Koch vir my nuwe trappe aansit. Slaan net daar in sy rylaan neer.

Piet Swanepoel se lakoniese opmerking was: “Ag shame!”

Koch het getroos: “Toemaar fietsryers val almal een of ander tyd.”

En toe gebeur dit. In Totiusstraat loop twee voetgangers voor hom in en hy slaan soos ’n os neer.

Riaan du Preez se fietsryvriende het ook een oggend gesug: “My f*k Riaan!”

Riaan is deel van die Early Riders wat al van half vyf af hulle ysterperde trap.

Hy het na ’n oefensessie vergeet om sy voete uit die pedale te trek. En net daar voor sy hek gee hy ’n nonchalante pampoenrol.

Toe sy vriende die video sien het hulle eers gelag en toe soos Marelize se ma gevra: “My f*k Riaan!”

@middelburgobserver

My fk Riaan…soos Marelize van rugbypaal faam!

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button