News
Oog op die oggendverkeer en ander probleme op paaie
Hier is jou inligtingsgreep om seker te maak waar jy ry, is daar nie enige ernstige insidente of obstruksies op die paaie nie.
Almal sien met verwagting daarna uit dat Meyerstraat moet oopmaak, want die erge verkeer is besig om almal se geduld te beproef!
Die padagentskap (SANRAL) het beloof dat die pad more voltooi sal wees.
Herstelwerk is begin hoër op in Meyerstraat tussen Joubert- en Cowen Ntulistraat ook en word motoriste gemaan om stadig te ry.
Daar is vanoggend ’n voetganger op die N11 by Hlalamnandi raakgery en is verkeer beïnvloed.
Motoriste wat op die R555, ou Middelburg/Witbankpad ry, het laat weet dat die pad oop is.
Daar is nie enige ander probleme op die paaie om Middelburg aangemeld nie.
- As jy weet van enige ongelukke, mis, groot slaggate en ander obstruksies op die paaie wat verkeer kan beïnvloed, skakel of stuur vir ons ‘n WhatsApp (met ‘n foto of video, indien moontlik) na 072 248 3855.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
