News

Video: Pas vrygestel! ’n Dorpsliedjie vir Middelburg!

As voorloop tot die treinloop is daar ’n nuwe dorpsliedjie vandag vrygestel en by die wedloop self sal nóg een bekendgestel word.

Soos die Nasionale Volkslied, het Middelburg nou sy eie dorpslied genaamd: ‘Middelburg Anthem‘!

Die liedjie is vandag vrygestel ter voorbereiding van die treinwedloop wat Saterdag gehou word.

@middelburgobserver

Just released today – Middelburg Anthem-song! Produced by Maria Louise Kruger, with the help of the team from Middelburg Railway Station and AI.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Maria Louise Kruger het met die hulp van Johan Janse van Rensburg en Liezl Prinsloo, van die Middelburg Stasie en kunsmatige intelligensie (AI) dié liedjie saamgestel. Daarin word ons dorp se uniekheid treffend uitgebeeld.

Maria Louise verte dat Johan hulle saam met vriende om ’n tafel gesit en rympies saamgevoeg het oor ons dorp.

Hulle het dit vir Maria Louise gestuur, wat op haar beurt alles saamgestel het in praglirieke en KI gebruik het om die liedjie sy interessante styl te gee.

“Julle het ’n unieke dorp met besondere kulture en geskiedenis. Rympies en skrifberymings kom maklik na my toe. As jy weet hoe om AI te gebruik, kan jy talent daardeur kanaliseer.”

Sy het ’n YouTube kanaal, bekend as ‘Behind The Name’ en is Middelburg die eerste dorp vir wie sy ’n liedjie van dié aard gedoen het.

In opvolg van ‘Middelburg Anthem’ is sy net so opgewonde soos Johan om die nuwe ‘GTR-Song’ Saterdag bekend te stel. Hierdie liedjie is spesifiek vir die treinwedloop wat Saterdag op Vrouedag gehou word.

Johan het Maria Louise leer ken toe sy as gekwalifiseerde gids ’n kursus aangebied het by die Middelburg Toerisme en Inligtingsentrum vir studente van Mhluzi. Sy het ons dorp so leer ken en was verstom met die interessante geskiedenis en ander besienswaardighede in ons dorp. “Julle het van die Witkerk, tot die Middelburg Stasie, Botshabelo en Konsentrasiekampe. Daar is ook ongelooflike stories. Julle het ’n great dorp!”

  • Johan het vanoggend gemeld dat 2 980 atlete Saterdag aan die treinwedloop, beter bekend as die Greatest Train Race (GTR), gaan deelneem.
  • Daar is ’n 21.7km wedloop vanaf Pan Stasie AFGRI Silos, ’n 10km wedloop wat begin by die Middelburgdam en dan ’n 4.9km wedloop wat wegspring by Towers. Die prysuitdeling vir die wenners van die verskillende afdelings word by die Middelburg Stasie gehou.
  • Die wedloop word aangebied deur die Rotary klubs van Middelburg en Witbank in samewerking met die Mpumalanga Rail Company. Eskom Athletics Club is die gasheer van die byeenkoms.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button