News

Video: Oog op die oggendverkeer en ander probleme op paaie

Hier is jou inligtingsgreep om seker te maak waar jy ry, is daar nie enige ernstige insidente of obstruksies op die paaie nie.

Dis weer ompaaie vanoggend, want Meyerstraat is nog toe en motoriste word ook gewaarsku om stadig te ry en volgafstande te hou, aangesien die paaie nat en glad is weens die reën.

Alhoewel die padagentskap (SANRAL) aangedui het dat Meyerstraat oop sal wees vandag, het inwoners laat weet dat die pad nog toe is. Talle voertuie ry steeds deur die veld vanaf Kanonkop na Brugstraat oor die ou Meijersbrug.

‘n Paar inwoners het laat weet dat hulle SMS’e gekry het van hul versekeringsmaatskappye dat dit moontlik kan hael. Op die verskillende weervoorspelling Toeps (Apps) word daar net deurdringende reën voorspel vir die dag.

Die herstelwerk aan die pad op die hoek van Hobson- en Robertsonstraat in Clubville is nog nie voltooi nie.

‘n Slaggat het ook gevorm op die hoek van Hospitaal- en Frewinstraat in Clubville. Rdl. Elsie Vermooten sê die oorsaak daarvan is sproeiers in die area wat lek wat op die padoppervlak gaan lê.

Die slaggat op die hoek van Hospitaal- en Frewinstraat.

Middelburger Wynand Spencer het vroeg vanoggend Modimolle toe gery met sy vragmotor (N11 na R33) en hy meld dat Kranspoort oop is vir verkeer.

@middelburgobserver

Middelburg truck driver Wynand Spencer drove into a hail storm just before Modimolle early this morning! He warns that roads in the area are extremely slippery. Drive safe!

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Sowat 30km voor Modimolle (R33) het hy egter in ‘n haelstorm gery en waarsku dat die paaie daardie kant baie glad is.

In Walter Sisulu, net na die Proteastraat-kruising, was daar ‘n ongeluk. Niemand is beseer nie, maar verkeer word beïnvloed.

Ander Middelburgers wat die R555, ou Middelburg/Witbankpad ry, het buiten die reën, nie ander probleme op die pad gekry nie.

Daar was mis vroeg op die N4 naby Belfast, maar dit het redelik opgeklaar en is daar nou net erge wind in die area en bewolkte toestande.

  • As jy weet van enige ongelukke, mis, groot slaggate en ander obstruksies op die paaie wat verkeer kan beïnvloed, skakel of stuur vir ons ‘n WhatsApp (met ‘n foto of video, indien moontlik) na 072 248 3855.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button