Excellent Mnkomo maak sy Curriebeker buiging die naweek teen sy ou provinsie.
Dié gewese Hoërskool Kanonkop leerling, is een van die lynregters wanneer die Blou Bulle en Pumas mekaar more (Saterdag) om 15:00 op Loftus Versfeld pak.
Hy was voorheen lid van die Mpumalanga Skeidsregtersvereniging, maar het by Limpopo se skeidsregters aangesluit, nadat hy na Groblersdal verhuis het, waar hy nou by Hoërskool Ben Viljoen ’n onderwyser is.
Excellent het die oog gevang by die Cravenweek waar hy só goed geblaas het, dat hy op die laaste dag in die hoofvoorwedstryd in aksie was.
Op 12 Augustus is hy weer in aksie wanneer hy by Boland Landbouskool die wedstryd tussen Suid-Afrika Skole en Ierland se o/18 spanne hanteer.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.