News

Verstandelik gestremde man huil van pyn

Willem is doof en verstandelik gestremd en kan nie verstaan dat hy die hele tyd pyn moet verduur nie.

Willem Esterhuizen loop al ’n jaar en nege maande met ’n gebreekte enkel en het hulle nie hoop dat hy binnekort geopereer gaan word nie.

Sy ma, Patricia Smit, is al moedeloos, want Willem het voor die ongeluk karre opgepas vir ’n ekstra inkomste. Nou sit hy dag in en dag uit op ’n stoel en verduur die ergste pyn denkbaar. Die ongeluk het op 25 Oktober 2023 gebeur. Willem is raakgery terwyl hy fiets gery het op pad huis toe.

Patricia het Willem, wat doof en verstandelik gestremd is, al talle kere Witbank Hospitaal toe geneem om te hoor wanneer die operasie gedoen gaan word, maar hulle het nog nie ’n amptelike datum gekry nie.

“Omdat sy voet nie beweeg nie, trek die spiere saam en laat die voet swel, wat dan die pyn veroorsaak. Die koue maak die pyn ook baie erger. Hy huil van die pyn.” Sy meld dat daar by die Ongevalle darem vir hom pynmedikasie gegee is.
Hulle is aangeraai om hom te vat vir fisio om die spiere los te maak, en sal hy later hierdie maand daarmee begin.

“Dit lyk of hy eers Februarie dalk geopereer gaan word. Ons het weer ’n afspraak in November.”

Hulle kan dalk gehelp word met ’n derdeparty-eis, maar daar moet skanderings gedoen word van die been en ’n ortopeed moet ook gesien word. Die skandering (MRI) beloop meer as R8 000.
’n BackABuddy profiel is begin, maar Patricia sê dat hulle nog nie ’n sent ingekry het nie.

“Ek wil net my kind help dat hy nie meer so baie pyn verduur nie,” het sy hartseer gesê.

• Willem se gehoorapparate moet ook vervang word en alhoewel sy ore getoets is, het hulle geen idee wanneer hy die gehoorapparaat gaan kry nie.

• Christopher Nobela, woordvoerder van die Mpumalanga Departement van Gesondheid, het beloof dat hy ondersoek sal instel. ’n Dag later het Patricia laat weet dat hulle gekontak is en dat hulle Maandag ’n afspraak het met die dokter. Sy het die provinsiale kantoor bedank vir hul hulp.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button