News
Oog op die oggendverkeer en ander probleme op paaie
Hier is jou inligtingsgreep om seker te maak waar jy ry, is daar nie enige ernstige insidente of obstruksies op die paaie nie.
Verkeer is vanoggend ‘n nagmerrie, want Meyerstraat is steeds toe tussen Beyers Naude- en Proteastraat en trokke moet nou in Proteastraat afry tot in Walter Sisulustraat.
Motoriste het vroeg al laat weet dat verkeersmanne op hul pos is om trokke weg te begelei dat hulle nie in Lilian Ngoyistraat afdraai nie.
Middelburgers wat vanoggend die N12 en R555 (ou Middelburg/Witbankpad) en Stoffbergpad gery het, sê daar is nie mis of ander probleme nie.
Inwoners van Mineralia waarsku dat daar ‘n groot slaggat regoor die pad is in Blackmorestraat (naby nommer 2) waar ‘n pyp onlangs reggemaak is.

- Daar is pas laat weet dat daar ‘n ongeluk was op die hoek van John Magagula- en Wanderersstraat wat verkeer kan ontwrig.
- As jy weet van enige ongelukke, mis, groot slaggate en ander obstruksies op die paaie wat verkeer kan beïnvloed, skakel of stuur vir ons ‘n WhatsApp (met ‘n foto of video, indien moontlik) na 072 248 3855.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
