Oog op die oggendverkeer en ander probleme op paaie
Hier is jou inligtingsgreep om seker te maak waar jy ry, is daar nie enige ernstige insidente of obstruksies op die paaie nie.
Meyerstraat tussen Beyers Naude- en Proteastraat is steeds toe en daar is oral op die buitepaaie van plek-plek mis tot baie digte mis aangemeld.
Wees maar geduldig, want Meyerstraat is steeds toe en die ompaaie, veral Lilian Ngoyi, dra baie erge verkeer. Talle inwoners ry ook daagliks deur die veld vanaf Protea, oor die ou Meijersbrug, tot waar die pad kruis met Brugstraat.
Op die hoek van Walter Sisulu- en Bhimy Damanestraat was daar omstreeks 06:50 ‘n ongeluk. Alhoewel niemand ernstig beseer is nie, word die verkeer beïnvloed.
Op die hoek van Beyers Naude- en Klipstraat het ‘n groot slaggat gevorm. Inwoners vermoed dit is ‘n mangat wat oorloop, want water loop die hele tyd in die pad in. Daar is al klippe in die gat gegooi, maar dit word die hele tyd uitgery met die baie verkeer. “Dieselfde wat in Meyerstraat gebeur het, gaan daar ook gebeur as daar nie aandag aan gegee word nie,” het ‘n inwoner (wat anoniem wil bly) gewaarsku.
Herstelwerk aan die pad op die hoek van Hospitaal- en Wesstraat in Clubville is voltooi, maar die werk by die Hobson- en Robertsonkruising is nog nie klaar nie.
Erge mis is aangemeld in die dorp self en op die N4 in die Belfast omgewing. Daar is ook mis tussen Middelburg en Hendrina (N11), die Carolina omgewing, net na die S-draai op die N12 en naby die rivier op die ou Middelburg/Witbankpad (R555).
Motoriste het vroeg laat weet dat die verkeer opgehoop het op die pad tussen Hendrina en Rietkuil na ‘n ongeluk, maar
As jy weet van enige ongelukke, mis, groot slaggate en ander obstruksies op die paaie wat verkeer kan beïnvloed, skakel of stuur vir ons ‘n WhatsApp (met ‘n foto of video, indien moontlik) na 072 248 3855.
