News

Kobus verdwyn sonder sy selfoon, nie in sy aard

Die familie van Kobus Pretorius is rasend van bekommernis nadat hy ’n paar daar gelede net verdwyn het.

Kobus Pretorius (33) het net verdwyn en sou hy nie iewers heen gegaan het sonder om sy selfoon saam te vat nie.

Kobus se suster, Madelein Fouché, sê dit is vandag die derde dag dat hy nie by sy werk in Middelburg opgedaag het nie.

Nog ’n foto van Kobus Pretorius. Hy het drie dae terug verdwyn sonder om sy selfoon saam met hom te vat,.

Madelein bly in eMalahleni en het iemand gevra om in sy woonstel in Middelburg te gaan kyk of daar enigiets weg is, maar sy selfoon lê steeds langs se bed op die laaier.

Omdat sy in die buurdorp bly en elke dag tot laat werk, kon sy nog nie ’n vermiste persoon saak by die polisie gaan open nie.

Sy doen egter ’n dringende beroep op almal om op die uitkyk te wees vir haar broer. As enigiemand hom sien, kan hulle Madelein skakel by 066 555 1039.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button