News

Oog op die oggendverkeer en ander probleme op paaie

Hier is jou inligtingsgreep om seker te maak waar jy ry, is daar nie enige ernstige insidente of obstruksies op die paaie nie.

Pak vanoggend ‘n ekstra geduldbroodjie in jou werkstas, want Meyerstraat is steeds toe!

Alle hoop dat Meyerstraat, wat al ‘n geruime tyd toe is tussen Beyrs Naude- en Proteastraat gister sou oopmaak, het verbrokkel toe daar boonop verneem is dat een van die masjiene gebreek het.

Rdl. Johann Dyason het laat weet dat die masjien stukkend is en dat een van eMalahleni af gekry sal word vandag. Hy het aangedui dat die woord versprei sal word sodra die pad oop is.

Boonop is almal wat die kortpad deur die veld vanaf Proteastraat, oor die ou Meijersbrug tot by Brugstraat geneem het, ook nou gefnuik. ‘n Laaigraaf het laat gistermiddag ‘n groot boomstomp wat in die veld gelê het op die brug afgelaai. Daar is gesien hoe omgekrapte motoriste aan beide kante moes omdraai om maar weer die langpad deur die erge verkeer aan te durf.

Inwoners van Pleinstraat waarsku oor ‘n slaggat wat al hoe groter word in hul straat.

Die slaggat in Pleinstraat. FOTO: Verskaf.

Middelburgers het vroeg vanoggend laat weet dat ’n trok omgeslaan het op die N12 op pad na Kendal Kragstasie by die Kendal brug. Daar is ook genoem dat daar plek-plek mis is op die pad.

Die trok wat omgeslaan het op pad na die Kendal Kragstasie by die Kendal brug. FOTO: Plaaslike Traffic Alert WhatsApp-groep.

Die R555 (ou Middelburg/Witbankpad) is oop en daar is ook nie probleme op die N4 aangemeld nie.

  • As jy weet van enige ongelukke, mis, groot slaggate en ander obstruksies op die paaie wat verkeer kan beïnvloed, skakel of stuur vir ons ‘n WhatsApp (met ‘n foto of video, indien moontlik) na 072 248 3855.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button