News

Oog op die oggendverkeer en ander probleme op paaie

Hier is jou inligtingsgreep om seker te maak waar jy ry, is daar nie enige ernstige insidente of obstruksies op die paaie nie.

Buiten die Meyerstraat-wat-toe-is-deuntjie, besige paaie en slaggate, is daar nie tans enige ernstige probleme aangemeld nie.

Dit is tans nog onseker wanneer presies Meyerstraat tussen Beyers Naude- en Proteastraat gaan oopmaak.

Inwoners het laat weet dat die gat op die hoek van Beyers Naude en Klipstraat weens riool wat in die pad in loop, besig is om al hoe groter te word en dat motoriste versigtig daar moet ry.

Daar was vanoggend net na 04:00 ‘n ongeluk op die N4 waarin een persoon beseer is. In Hoogstraat was daar omstreeks 06:00 ‘n ongeluk en is die toneel reeds oopgeruim.

Die N4, N12, N11 (tot by Roedtan) en die R555 (ou Middelburg/Witbankpad) is ook probleemvry.

  • As jy weet van enige ongelukke, mis, groot slaggate en ander obstruksies op die paaie wat verkeer kan beïnvloed, skakel of stuur vir ons ‘n WhatsApp (met ‘n foto of video, indien moontlik) na 072 248 3855.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button