News
Generaal Hertzog se 1975 matrieks byeen
Hoërskool Generaal Hertzog se 1975 matrikulante gaan hulle 50-jarige reünie hou op 25 Oktober 2025 by Pienaardam.
Nadat daar vanaf 18:00 lekker gekuier is in die Springboksaal, word ’n buffetete met nagereg geniet teen R260 per persoon.
’n Kontantkroeg is beskikbaar.
Besprekings vir verblyf en ete word gedoen by Venessa by 082 563 5631, of die oord self by 079 122 3753 of 013 282 7816.
Spertyd vir besprekings is 17 Oktober 2025.
Ander navrae kan gerig word aan Tobie van den Bergh by 072 220 1568, Noble Mocke by 082 507 3757 Johan Combrinck by 076 658 0047 of Alta Roos by 082 897 0834.
• Daar word nog na talle van die 1975 maats gesoek en as iemand dalk weet waar hulle, hulle bevind, skakel asseblief een van bogenoemde nommers.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
