Voordat sy dogtertjie Agnieta een jaar oud was het Danie Joubert by Athlone Boys High ’n 10km kafgedraf in “’n outyds volledig grand toegeruste pram, nie ’n stootwaentjie nie”, soos hy dit stel.
En later met sy kleinseun Jaco in ’n baby jogger ’n 21.1km afgelê in ’n uur en 44 minute.

Gabriël Coenraad Daniël Stoltz Joubert (79) se drawwery is ’n familiebesigheid.
Sy seun, Danie (junior) het die drafstootwaentjie later vir al drie sy seuns gebruik en nou gebruik sy suster Agnieta se seun Jaco en skoondogter, Bonnie, dit vir hulle 17 maande oue dogtertjie, Ivy Pretorius.
Wanneer jy Danie Joubert oor sy jarelange drawwery uitvra antwoord hy filosofies:
To be or not to be.
That is the question.
Whether it is nobler in the mind
To suffer the slings and arrows of
Outrages fortunes…
Or to take up arms against a sea of
Troubles and by opposing them…

Danie het 12 Comrades wedlope voltooi. Die eerste keer was in 1985 toe hy 39 jaar oud was en die 12de keer in 2013 toe hy 67 jaar oud was. Hy het een wedloop saam met sy dogter Agnieta voltooi.
Sy vinnigste Comrades tyd was 8:18 en die stadigste een 10:52. (Al sy Comrades tye was tussen 8:18 en 10:52).
Die jaar 2013 was daar ongeveer 6 000 hardlopers (heelwat minder as ander jare) wat onder 11 ure klaargemaak het. “The weather on the day was an unusual 32C, high humidity and high winds coming from the North West.”

Sy oudste seun Joseph Joubert, het ook saam met sy twee seuns, Coenraad Joubert en Fourie Joubert, Mpumalanga verteenwoordig by die ASA Suid-Afrikaanse landloopkampioenskappe in 2013 in Potchefstroom. (Pa Danie en Agnieta ook).
In 1997, toe Danie 51 jaar oud was, het hy en sy jongste seun Danie Joubert (jr), toe 21 jaar oud, ’n week uit mekaar elkeen ’n 42km marathon in onder drie ure gehardloop.
Hy het ook heelwat ander wedlope saam met van sy kinders en/of kleinkinders voltooi.
Danie het meer as 150 parkruns gedoen. In meeste gevalle het hy van sy huis af gedraf na die parkrun en agterna teruggedraf.
Sien tabel hieronder vir van Danie se beste hardloop prestasies.

